ToekomsVenster: Offers in die kerk

skape_lammers_veld_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

“Die skape luister na die herder se stem. Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.”- Johannes 10:1–11

Raak prakties

Gemeentes steun swaar op vrywillige offergawes asook vrywillige werkers om God se koninkryk op aarde te vestig. Hierdie ondersteuning word altyd gemotiveer deur liefde vir God se saak. Liefde maak dat gelowiges die ekstra myl loop om ander só te bedien. Motivering alleen is egter nie goed genoeg nie, maar gehoorsaamheid en aanmelding speel ook ’n belangrike rol. Is jy gehoorsaam aan die stem van die Here en het jy al aangemeld vir dienswerk in jou plaaslike gemeente? Daar wag ’n wonderlike seën vir dié wat gehoorsaam is. Ek daag jou uit om die eerste treë te gee in hierdie verband.

Iets om oor na te dink

Om ’n ware gemeente te wees, vra dat elke gemeente op meer as een plek op dieselfde tyd moet werk. Daar word gewoonlik verwys na Jerusalem, Judea, Samaria en die uiterste van die wêreld in hierdie verband. Dit beteken dat elke gemeente terselfdertyd betrokke moet wees in die plaaslike gemeenskap, die provinsie en land asook buurlande en dan ook wêreldwyd. Om dit te kan verrig, word alle gelowiges benodig om saam te werk om God se koninkryk op die aarde te vestig.

Gebed

Here, baie dankie vir my gemeente wat vêr buite sy grensgebied werk.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.