ToekomsVenster: Offers

Foto: Juanita Badenhorst.

“Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ’n skat as ’n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.” – 1 Timoteus 6:18–19

Baie dankie dat jy saam reis rondom hierdie belangrike aspek in ons verhouding met die Here. Met hierdie dagstukkie noem ek ’n paar punte wat my baie gehelp het met my reis oor 25 jaar.

Een van die dinge wat vir my baie uitstaan, is die “toets van vertroue” saak in Matteus 6:24. Wat ek hier geleer het, is dat my vertroue gereeld getoets word op hierdie reis. Dit maak eintlik nie saak hoeveel geld of besittings ek het nie. As daar ’n tekort aan geld is, kan iemand vinning vra “hoe gaan ek dit maak?”, maar die persoon met te veel geld is nie altyd gevrywaar van die vertroue-toets nie. Soms is hulle juis bekommerd oor hul geld se sekuriteit as gevolg van ’n swak ekonomie of wêreldmarkte. ’n Gelowige se vertroue word gereeld getoets.

Raak prakties

Dan wil ek jou graag motiveer om jou reis rondom offer te begin as jy dit nog nie gedoen het nie. Jare gelede toe ek met ’n jong man gepraat het, noem hy aan my dat hy graag die reis wil begin, maar dat dit baie moeilik is. My antwoord aan hom was “jy is korrek.” Daar is twee moeilike dinge as dit kom by die gee van offers. Die eerste een is om geloof aan die dag te lê en om te begin om te gee. Die tweede een is, as jy eers begin het om te gee, dit baie moeilik is om op te hou gee.

Iets om oor na te dink

Ek moet erken dat die motivering agter die gee van offers vir ’n tydperk gedurende my reis gemotiveer was deur die “saai en maai” beginsel. Met die aankoms van my kinders 20 jaar gelede het my motivering van, noem dit eie gewin, verskuif na liefde. Ek het vir my kinders gesorg en gegee omdat liefde my aangespoor het. Dit het ook ’n effek op my offers gehad. Alhoewel die saai en maai beginsel waar is, het ek geleer dat dit die motivering is wat eintlik die verskil maak. Wanneerliefde ’n mens motiveer, gee jy soms meer as wat jy kan bekostig.

Gebed

Dankie dat ek offers kan bring.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.