ToekomsVenster: Om altyd bly te wees

(Foto: Matt Barton/Unsplash)

Wees altyd bly. – 1 Tessalonisense 5:16

Dit is uitdagend, nie waar nie? Om bly te wees wanneer dit goed gaan is uiteraard nie so moeilik nie. Blydskap kom dan sommer vanself. Jy hoef jouself nie te dissiplineer om bly te wees nie want jou blydskap is sigbaar, voelbaar en hoorbaar. ʼn Mens loof die Here dat daar sommer baie sulke dae en geleenthede is. Toegegooi onder die genade kombers van God, beskerm en beskut aan alle kante, vertroetel in sy liefde. Spontaan sing dit hier binne jou.

 

Joyful joyful we adore Thee

God of glory Lord of love

Hearts unfold like flow’rs before Thee

Opening to the sun above

Melt the clouds of sin and sadness

Drive the dark of doubt away

Giver of immortal gladness

Fill us with the light of day  – Ode to Joy’ Ludwig van Beethoven

 

Dan kom die dae van hartseer, teleurstelling, trauma en versoeking. Dan klink die teks bietjie anders. Wees altyd bly.

Ons is selektief nie waar nie. As dit goed gaan is ons bly en as dit nie goed gaan nie is ons kwaad, opstandig, onvergenoegd, rebels, selfs arrogant maar waarom so inkonsekwent?

As God die bron en die adres van ons blydskap is, moet dit mos onder alle omstandighede wees, of hoe?

Ek glo die Here verstaan. Selfs Bybelskrywer het somtyds ʼn bietjie gesukkel om konsekwent bly te wees.

Onthou: God sorg vir my en vir jou ongeag wat die omstandighede mag wees, niks kan daaraan verander nie. Wees daarom altyd bly.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.