ToekomsVenster: Om beeld van God te wees

(Foto: Luke Leung/Unsplash)

God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. – Genesis 1:27

Ons gesels hierdie week oor wat dit beteken om mense te wees. God het mos by Homself nagedink en besluit om mense te maak. Die teks gaan verder. Die teks sê dat God mense gemaak het om iets van sy wese te vertoon.

Kan ons sê dat die Vader wou hê dat wanneer mense mekaar beleef hulle van God bewus sou word. Is dit inderdaad wat gebeur wanneer mense jou en my beleef?

Beeld en gelykenis staan daar. Dit beteken dat ons, in alles soos God is, behalwe dat ons nie God is nie.

Sy hele bestaan word deur oneindigheid, almag, alomteenwoordigheid, ja Goddelikheid beskrywe. Ons is dit nie.

Maar ons is mense met die besondere onderskeiding dat ons beelddraers is. Dit word van geen een van God se ander merkwaardige skepping gesê nie, net van die mens.

Dit sou sekerlik impliseer dat Hy met die hier wees van die mens ʼn besondere doel voor oë het. Dit sou verder impliseer dat ons waardering en begrip sal hê vir elke ander mens wat eweneens beelddraer van God is.

Mens sou kon vra waarin ons beelddraer status gesetel is, hoe en waar sien ʼn mens dat jy beelddraer van God is.

Ons rasionele ingesteldheid, die feit dat ons kan redeneer en sin kan maak van ons konteks is sekerlik daarvan ʼn aanduiding.

Ons is intelligente wesens wat onsself aan hierdie wêreld kan oriënteer, ons plek daarin kan vind en daarmee jy verhouding kan leef.

Ons is ook sosiale wesens soos die drie-enige God inderdaad is. Daar staan immers “kom ons maak mense”, God wat met Homself in gesprek tree.

Aangrypend misterieus. Ons is emosionele wesens soos God wat kan voel. Ons het ʼn binne wêreld ons word hartseer en ons is bly. Ons huil en lag met al die ander emosies daartussenin.

Ons verskil van God daarin dat ons afhanklik is, nietig, verganklik, eindig, ons het ʼn verjaar datum, ons is pelgrims reisigers op weg na die ewigheid.

Ons is siel, gees en  liggaam. Wanneer ons van God as liggaamlik praat is dit maar net om ons ʼn beter begrip te gee van sy wese.

Hy is Gees in sy totaliteit.

Ons kan besluite maak soos God besluite maak, ons het ʼn wil, ʼn identiteit, ja, ons het ʼn naam soos God drie-enig ʼn naam het.

Reken ons genoeg met wat ons kan en wat ons nie kan doen nie. Ken ons, ons grense en ons ruimte. Het ons al die betekenis daarvan om beelddraers te wees, bedink?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.