ToekomsVenster: Om God se kleur en geur aan hierdie wêreld te bring


herfs

Foto: Pixel2013/Pixabay.com

Lees: Matteus 5:13-14

Vir ʼn klompie jare het ek die voorreg gehad om in twee kinderhuise en ʼn krisissentrum vir swanger tienermeisies te werk. Elke Donderdagmiddag het ek die groep swanger tienermeisies besoek en, hoe meer tyd ek saam met hulle deurgebring het, hoe meer het ek onder die indruk gekom van hoe laf en smaakloos, hoe kleurloos en dikwels donker hierdie meisies se lewe gemaak is deur verwerping en isolasie, verwaarlosing, asook fisieke, seksuele en emosionele misbruik. Ja, hoeveel dikwels oorweldigende en afbrekende “stemme” daar in hierdie meisies se lewe was, “stemme” wat hulle gevloek en vervloek het, afgebreek en elke krieseltjie waarde en waardigheid by hulle geroof het.

Die Here lê toe ʼn kragtige Woord op my hart vir hierdie meisies – Psalm 8:5-6 – en die verhaal van die besetene van Gerasa (Markus 5:1-20); hoedat die Here gans anders somme maak en waarde toevoeg as mense; dat, terwyl die varkherders en die dorpsmense meer begaan was oor die trop varke en enige verdere verliese(!), Jesus enorme waarde aan hierdie man heg! Hy was in ʼn haglike toestand, die mense van die dorp het al selfs probeer om hom met kettings en boeie vas te maak omdat hy homself beseer en beskadig het en sekerlik enigiemand wat dit te naby aan hom sou waag. Maar Jesus maak hom vry en heel en dan sit hy – wanneer almal later daar sou opdaag – by sy volle verstand en ten volle geklee. Die Here doen ʼn volledige werk in sy lewe! Die dorpsmense vloek egter vir Jesus daar weg.

Iets om oor na te dink

Lees weer Matteus 5:13-14 – hoe lyk sout-wees en lig-wees vir jou in jou gesin, werkplek, markplein, en die wêreld? Lees ook Efesiërs 5:2, OAV: “… wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ’n offer aan God tot ’n lieflike geur.” Is ons liefde ʼn heerlike geur vir die wêreld rondom ons?

Gebed

Here, dankie vir u Woord, nou kan ons verstaan en weet waarvoor ons hier is. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.