ToekomsVenster: Om hand op te steek


hand-opsteek

Foto: Williamsalternative.com

Lees: Lukas 1:38; Jesaja 50:4 en 2 Timoteus 2:2

Op laerskool was dit nogal ʼn ding … om wanneer juffrou sou vra: “Wie kan ek gou na Juffrou So-en-so stuur?” jou hand te kon opsteek en jy die een was vir wie juffrou stuur. Om bietjie soos juffrou se witbroodjie te voel. Gretig. Gewillig. Altyd beskikbaar. Teken ʼn fietsie en noem die twee wiele “beskikbaar” en “opleibaar”, maar een van die wiele is pap en dus gaan die fiets nêrens heen nie. Ek het gedink om nog ʼn element by te voeg en sommer die saal van die fiets “betroubaarheid” te noem.

Raak prakties

Nou bly die vraag sekerlik: “In watter toestand is jou fietsie?” Skryf die drie begrippe Beskikbaar, Leerbaar en Betroubaar neer in jou joernaal. Doen ʼn bestekopname oor die toestand van elkeen in jou lewe. Waar en hoe het die Here elkeen aangespreek, herstel en opgerig in jou lewe? In watter van die elemente is daar nog herstelwerk in jou lewe nodig? Raak stil voor die Here hieroor.

Iets om oor na te dink

Ons sien in Jesaja se roepingsvisioen hoedat hy hand opsteek vir Adonai (die Here, 6:1) se roeping (“Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” 6:8). Waarop Jesaja antwoord, “Hier is ek! Stuur my!” Hoe gereed is jy om hand op te steek as die Here roep?

Gebed

Here, ek wil meer van U sien en beleef, want dan sal ek dalk minder huiwer om te antwoord op u roepstem. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.