ToekomsVenster: Om iemand se engel te wees soos Gideon


engel-trappe

Foto: Commons.wikimedia.org

Lees: Rigters 6

Ek wil elkeen aanmoedig om ʼn engel vir iemand ander te wees! Om op te daag, met God se Woord en waarheid oor daardie persoon en hom of haar daarmee te bedien. Vir Gideon daag die engel van die Here op met “Mighty Warrior”… Waarmee daag jy by ander mense op? Vir Gideon moes Johannes 8:32 – binne sy konteks – ʼn waarheid word, “You will know the truth and the truth will set you free.”

Iets om oor na te dink

In die fliek As It Is in Heaven staan die twee hoofkarakters op ʼn keer by ʼn ou skooltjie en agter teen die muur is engele geskilder, wat nou al vervaag het. Maar nou, wanneer haar vriend na haar kyk ets twee vlerke teen haar af en merk hy op: “I see wings on you.” En dit is haar storie; sy was ʼn engel vir soveel Gideons en botterkoppe in haar gemeenskap. So, hier’s ʼn uitdaging: Om in hierdie week by iemand op te daag en vir hulle ʼn engel te wees en in hulle lewens die waarheid van God in te spreek.

Gebed

Here, so dikwels is ons woorde skerp dolke en so selde draers van u waarheid in en oor iemand se lewe. Jammer daaroor, Here. Raak ons lippe aan met ʼn Jesaja-kool. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.