ToekomsVenster: Om in pas te bly


st-lucia-dalene-de-vente

Foto: Dalene de Vente.

Lees: Galasiërs 5

Raak prakties

Hier is nog ʼn Karakter-toets! Lys die karaktertrekke van Jesus – soos weergegee in Galasiërs 5:22 – en merk die tekorte in jou eie karakter, maar stel dan vir jou mylpale op en dan merk jy hoe en wanneer die Heilige Gees jou hierin lei en vorm. Moenie moedeloos raak nie, want die Heilige Gees sal juis vir jou toetse gee in die terreine (karaktertrekke) waar jy groei en vorming nodig het! Wees eerder opgewonde oor sulke toetse as om moedeloos te word omdat jy reken die Here is aspris, of dat jy maar net weer gaan faal! Nee, stel jou eerder in om die stem, pas en ritme van die Heilige Gees fyn raak te hoor en te ervaar hoe daardie karaktertrek – van omstandigheid tot omstandigheid – meer en meer in jou vorm aanneem.

Iets om oor na te dink

Efesiërs 5:8, OAV: “Vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here – wandel soos kinders van die lig.” Plaas jou eie karakter en lewenswandel onder die mikroskoop van die Heilige Gees en vra jouself: “Waar is ek uit pas uit met die ritme wat die Heilige Gees vir my lewe en karakter aangee?” Hoe ernstig is jy daaroor om daar waar jy uit pas uit is, dinge reg te stel?

Gebed

Here, ek kry skaam dat ek so maklik uit pas raak met u karakter. Help my. Vorm my. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ansa ·

Goeie more ja Gal 5:22 raak aan mens se hart vrug vandie Gees by my is “vrede”wat uitstaan Ek bid baie vir vrede in die land en glo en vertrou God sal voorsien vir vrede in die land

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.