ToekomsVenster: Om Jesus te volg vra ‘n kruis


dra-n-kruis

Foto: Leadershiptransformations.org

Lees Lukas 14:25-30

In hierdie gedeelte spel Jesus self uit wat dit inhou om een van sy dissipels of leerlinge te wees. In vers 27 sê Hy: “Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.” So eenvoudig soos dit. Hierdie woorde impliseer ‘n paar baie belangrike voorwaardes vir ‘n lewe van dissipelskap.

In die eerste plek vra dit ‘n kruis. Wat beteken dit? Ons kruisig nie vandag meer mense nie, maar in die tyd van Jesus was dit ‘n baie algemene praktyk. Toe Hy hierdie woorde met die dissipels gedeel het, kon daar heel waarskynlik ‘n man met ‘n kruis op sy skouers verbygeloop het. Vir so ‘n man is daar geen toekoms nie en almal weet die dood wag op hom. Wat Jesus dus met hierdie woord wil sê, is dat as mense agter Hom aan wil kom, moet hulle bereid wees om aan hulle eie lewe te sterf. In Matteus 10 sê Hy hulle moet hulle eie lewe aflê. Hulle moet dus ophou om hulle lewens volgens hulle eie voorkeure te beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.