ToekomsVenster: Om met Hom te wandel


stap-saam-unsplash-pixabay

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Lees: Genesis 5:22

Raak prakties

Waar kom “wandel met die Here” vandaan? Genesis 3:8: “Hulle (Adam en Eva) het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom …”, en vers 9: “Waar is jy?” Vanuit die verse kry ons die aanvoeling dat die Here elke dag of gereeld met Adam en Eva gewandel het, en toe hulle op die fatale dag nie hul afspraak nakom nie, het Hy na hulle gesoek! Verklap dit die Here God se begeerte na ʼn intieme verhouding, ʼn wandel-verhouding met ons? Hoe lyk jou verhouding met die Here God?

Iets om oor na te dink

Kolossense 3:7: “Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen (περιπατέω) toe julle nog daarin gelewe het. Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan …”

Gebed

Here, ek begeer niks anders as om met U te wandel nie, soos Henog. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Roela ·

Here ek begeer niks anders as om saam met U te wandel nie. Dankie dat U altyd smag na n verhouding met my die sondaar. Dankie dat U my altyd lief het en nooit eenkant wegstoot nie.
Dankie dat dit waar ons nou is net n tydelike is en eendag saam met U in die hemel kan wandel. Abba Vader ek het U lief wandel asb elke dag saam met my.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.