ToekomsVenster: Om saam met iemand te lei


standbeeld

Foto: Couleur/Pixabay.com

Lees: Romeine 15:30 en Handelinge 4:23-37

Raak prakties

Lees die verhaal van Moses, Aäron en Hur in Eksodus 17… eendragtige gebed vir Josua en die manskappe van Israel en gevolglik ʼn aardskuddende oorwinning deur die hand van die Here! Wanneer laas het jy ʼn berg uitgeklim om vir iemand by God in te tree? Wanneer laas het jy jou arms in gebed uitgestrek of iemand anders se arms omhoog gehou?

Iets om oor na te dink

Lees 2 Korintiërs 1:11: “Daartoe werk julle mee deur vir ons te bid. So sal die gebede van baie ʼn seën van God vir ons bring” en Filippense 1:19: “… want ek weet dat alles op my redding sal uitloop omdat julle vir my bid en die Gees van Jesus Christus my bystaan.” Let op die volgorde … éérs die gebede van die gelowiges en dán die bystand van die Gees!

Gebed

Here, soek dié wat weggeraak het, bring dié terug wat weggedwaal het, versorg die wonde van dié wat seergekry het en help asseblief die swakkes (Esegiël 34:16). Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Z ·

Dankie vir hierdie boodskappe elke dag. Dit is bemoedigend en vandag vir my ‘n bevestiging.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.