ToekomsVenster: Om soos Christus ʼn brugbouer te wees

vis-fontein-VSA

Foto: Timokefoto/Pixabay.com

Lees: 2 Korintiërs 5:17-21:

17Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. 20Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 21Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

Gebed:

O Here, maak ook van my ʼn brugbouer; in my gesin, by die werk, sowel as in die breë samelewing, waar ek ook al kom.

Leefwyse:

Om vrede te kan uitstraal, moet ʼn mens vrede in jou eie hart en in jou eie lewe hê. Neem een dag op sy eie: hoe kan ek vandag ʼn brugbouer wees?

Om oor na te dink:

Die versoeningsboodskap hoef nie altyd met woorde gebring te word nie. Dikwels is gebare en dade – soos in Newbigin se verhaal – baie meer effektief. Wat sê dit vir jou ten opsigte van jou eggenoot, jou naaste familie en kollegas by die werk?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amanda ·

Pragtig! Dankie… Innerlike vrede straal uit na buite. Ek waardeer die mooie boodskappie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.