ToekomsVenster: Om te kan luister

baba-ore-hoor-luister

Foto: Tung256/Pixabay.com

Lees: Esegiël 3:14-15:

14Die Gees het my opgetel en my weggevat, en ek is daar weg, swaarmoedig en ontsteld. Die mag van die Here het my op ‘n harde manier in besit geneem. 15Ek het by die ballinge in Tel-Abib aangekom. Hulle het daar in die omgewing van die Kebarrivier gewoon, en ek het sewe dae lank verskrik daar tussen hulle gesit.

Gebed:

O Here, help my om nie te gou te praat nie. Help my om met oop ore na ander te luister.

Leefwyse:

Om werklik “te gaan sit waar ander sit” vra baie: geduld, liefde, ʼn gewilligheid om te leer en te verstaan – asook ʼn gesonde humorsin. Sien jy daarvoor kans?

Om oor na te dink:

Hoe kan ons die proses aanhelp om mense aan mekaar voor te stel; om by hulle te gaan sit en praat?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.