ToekomsVenster: Om te verloor

seemeeu-vrede

Foto: Vic_Padilla/Pixabay.com

“Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.” – Matteus 5:39

Die Jesus-manier is anders; dit is ontwrigtend, dit druis in teen die waardes van die dag; van bo uitkom ten alle koste, van terugslaan, van mense afskryf. Jesus se manier is sterk genoeg om terug te staan, ’n hou te vat en van die leer af te klim.

Doen dit

Volgende keer as jy kwaad raak, doen hierdie, ’n eenvoudig tegniek wat ’n kindersielkundige vriend van my vir my geleer het: Stop. Dink. Kies.

Gebed

Here, maak my sterk genoeg en gee my genoeg krag om nie terug te slaan nie. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.