ToekomsVenster: Om te wen

wen-sukses-geluk

Foto: Free-Photos/Pixabay.com

Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. – 2 Kor. 2:14

Dis lekker om te wen en om deel te wees van ʼn wenspan. Dit verlewendig ʼn mens en laat jou oorloop van vreugde.

Dis nie lekker om te verloor nie. Verloor kom in verskillende gestaltes:

  • Verloor in terme van ander mense se persepsie van jou en dit wat jy doen.
  • Verloor in terme van verwagtinge wat nie gerealiseer het nie.
  • Verloor met betrekking tot verspeelde kanse.

Ongelukkig is wen en verloor deel van die lewe. Niemand wen altyd nie. Om altyd te verloor is ook nie redelik nie.

Dis die spyse van die lewe, die soet en die suur. Verloor kan jou so ontwrig en ontsenu dat jy nie weet hoe jy dit het nie.

Daar is egter ʼn wen in elke verloor as ʼn mens reg en gelowig ingestel is.

Verloor definieer nie wie ek is nie. Ek is groter as die verleentheid, hartseer en ontnugtering. Ek sal weer opstaan.

Verloor dra ʼn boodskap. Daar is nog werk wat gedoen moet word. Jy het nog nie jou bestemming bereik nie.

Gryp die geleentheid aan om ʼn beter, gesonder en suksesvoller jy te word.

Verloor is ʼn leerskool. Verloor slyp karakter. Dit bring ongewenste elemente in jou mondering na vore. Dit klik oor jou binneste: die goed wat nog nie soos Jesus lyk en klink nie.

Gebed:

Here ek hou nie van verloor nie, maar ek weet U wil my leer. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.