ToekomsVenster: Om vir iemand ʼn blaaskans te gee


kit-kat

Foto: WikimediaImages/Pixabay.com

Lees: Filemon 1:7 en 2 Timoteus 1:16

Raak prakties

Die bekende televisie-advertensie van KitKat se jingle sê dit treffend, Have a break, have a KitKat! Dink aan iemand – ʼn medegelowige, medestryder, medewerker – wat ly onder Compassion Fatique, wat sy/haar moed en spoed, hoop en krag, visie en passie verloor het, vir wie jy ʼn KitKat kan neem, vir wie jy ʼn oomblik kan aflos sodat hulle ʼn breuk of vakansie kan neem, of vir wie jy ʼn klein takie kan verrig sodat hulle tyd het vir hulself, of iemand wat verfris en verkwik word deur jou besoek, nabyheid, omgee, belangstelling en gebede.

Iets om oor na te dink

Die Here gee die “pakkies van genade” wat vir ander bedoel is, vir ons om vir hulle te gee!

Gebed

Dankie, Here, vir medegelowiges wat opdaag om my hart terug te sit in my lyf! Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.