ToekomsVenster: Om volkome vry wees

(Foto: Frank Mckenna/Unsplash)

Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. – Hebreërs 10:11-13

Sjoe, dit was ʼn heerlike week wat ons nuut oproep om in die krag van die Gees te lewe.

Paulus verwyt die gemeente in Galate dat hulle, nadat hulle die vryheid in die geloof gesmaak en beleef het, wrintiewaar weer terugkeer na die varkhokbestaan van wette en reëls.

“As die Seun jou vrygemaak het sal jy volkome vry wees”. (Joh.8:36)

“Vir vryheid is julle geroep. Moet net nie jul vryheid gebruik as verskoning om die verkeerde te doen nie” maan Paulus in Gal. 5:13.

Hierdie laaste verse van die gelese gedeelte in Hebreërs som eintlik alles mooi op:

Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons. Eers sê Hy: “Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die Here. Ek sal hulle my wette in die hart gee, in hulle verstand sal Ek dit skrywe.” Dan sê Hy verder: Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie.

“Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.”(Ps.103:12)

  • Van buite na binne.
  • Van die vlees na die Gees.
  • Van menslike poging na God se voorsiening.
  • Van eindelose frustrasie na vrede.
  • Van angstigheid na vertroue.

Die lewe word nie meer aan die hand van eksterne voorskrifte, reëls en regulasies geleef nie.

Tydens Covid-19 het ons gesien hoe moeilik dit vir mense is om voorskrifte wat van buite op hul afgedwing word, as gesaghebbend vir hul lewens te aanvaar. Daar is ʼn rebelsheid wat inskop wanneer dit nie iets is wat van binne af kom nie.

Die frustrasie by die Godsvolk moes groot gewees het. Wat Moses op die berg Sinai ontvang het, mag waar en goed en navolgenswaardig wees, maar dit word steeds van buite afgedwing.

In Christus Jesus word God se voorskrifte op die tafels van ons harte geskryf. Nou is die motivering binne, dit is geïnternaliseer en het deel van ons geestelike DNs geword. Wat ekstern tot vervelens toe voorgedra en aan herinner moes word, is kragtens die Gees van die Here nou deel van dankbaarheid.

Ek wíl so lewe omdat die oortuiging binne in my leef.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie kosbare Here Jesus dat U Bloed my sondes uitgewis het…opnuut bring ek vir U lof dank en eer..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.