ToekomsVenster: Om voor die Here te buig


Oorgawe-aan-Jesus

Argieffoto.

Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig. – Psalm 99:5

Die woorde laat my dink aan die bekende woorde … “kom buig daar in aanbidding, voor Jesus die Heer”. Soms moet ʼn mens jou hart ondersoek of dit inderdaad nog die Here is voor wie jy buig.

Die kultuur van die wêreld waarin ons woon, werk op subtiele wyse. Dit oorrompel jou nie oornag nie, maar soos die spreekwoordelike padda in die warm water raak ʼn mens stelselmatig gedesensitiseer vir dit wat regtig van belang is. Voor jy jou kom kry, moet jy erken dat iets of iemand anders ( ʼn afgod) sy intrek geneem het in die heiligdom van jou hart. Om voor die Here te buig getuig van ʼn lewe wat aan Hom toegewy is. Die woorde van Eksodus kom by my op: “Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.”

Elia het voor die hele volk gaan staan en gesê: “Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hóm; maar as dit Baäl is, volg hóm.” Die volk het hom nie ʼn woord geantwoord nie. – 1 Konings 18:21

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neelsie ·

Lees ook die boek Joel in die ou testament.
Die Almagtige God sal nie toelaat dat hy bespot word nie.
Die Drie-enige God is in beheer!

Verwonderd ·

Dankie vir die Kosbare gedagte. Ons moet Jesus definitief alleen voor oë hou.

Galatians 6:7 – Amplified Bible (AMP)

Do not be deceived, God is not mocked [He will not allow Himself to be ridiculed, nor treated with contempt nor allow His precepts to be scornfully set aside]; for whatever a man sows, this and this only is what he will reap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.