ToekomsVenster: Omdat God ons gestuur het!

Stap

Foto: Pixabay.com

Lees: Jesaja 6:1-8:

1In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. 2By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg. 3Die serafs het mekaar telkens toegeroep: ‘Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.’ 4Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het. 5Toe het ek uitgeroep: ‘Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ‘n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.’ 6Een van die serafs het toe ‘n gloeiende kool met ‘n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. 7Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: ‘Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.’ 8Toe het ek die Here hoor vra: ‘Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?’ Ek het geantwoord: ‘Hier is ek! Stuur my!’

Gebed:

O Here, maak my ʼn gehoorsame volgeling van U. Help my om te hoor hoe U my elke dag roep.

Leefwyse:

Doen ʼn bietjie moeite om uit te vind waar mense besig is om vir vrede en versoening te werk – in jou gemeente of in die wyer samelewing. Vra jouself af: op watter manier kan ek ook betrokke raak?

Om oor na te dink:

Watter verskonings gebruik ons die graagste om nie op God se roeping te reageer nie? Oortuig die verskonings jou?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.