ToekomsVenster: Omhels mekaar

drukkie-paartjie

Foto: Skitterphoto/Pexels.com

Lees: Genesis 33:3-4:

“3 Hy self het verbygegaan tot heel voor en toe hy nader na sy broer toe kom, het hy sewe keer diep gebuig. 4 Esau het hom tegemoet gehardloop en hom omhels Esau het sy arms om Jakob se nek gesit en hom gesoen, en hulle het gehuil.”

Dis vir ons nodig om iets van die proses van versoening en omhelsing te verstaan. In die verhaal van Jakob en sy broer is dit duidelik dat daar vier aksies nodig was; aksies wat ook in ons tyd van belang is: belydenis, vergifnis, omhelsing en laat gaan. Praat in die gebedsgroep oor wat Miroslav Volf, ’n Kroatiese teoloog wat self ’n slagoffer van vervolging en marteling was, oor die “drama van omhelsing” geskryf het. Hy sê die proses bestaan uit vier bewegings: “oopmaak van die arms, wag, toemaak van die arms en hulle dan weer oopmaak om te laat gaan.” Het jy dit al self beleef – of by ander sien gebeur?

Gebed:

Hemelse Vader, help my om te omhels – en maak my ook gewillig om omhels te word. Dis nie altyd maklik nie, maar U kan my op die pad na ander begelei. Help ons as gelowiges in die land om mekaar werklik met ope arms te aanvaar.

Leefwyse:

Die proses van uitreik na mekaar en van omhelsing moet in die kleiner kring van familie en vriende plaasvind – asook in die breër samelewing. ʼn Mens wonder soms watter die moeilikste is.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.