ToekomsVenster: Onderwysers as rolmodelle


onderwyser

Foto: Homeyesterday.com

Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ‘n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink. – Matteus 18:6

Enige persoon wat in ‘n gesagsverhouding teenoor iemand anders staan, moet dus ag gee op Jesus se vermaning in Matteus 18: 6. Jesus sê dit omdat kinders destyds as randfigure behandel is.  Hulle is geminag en misbruik.  Jesus wys deur sy optrede hoe hoog Hy hulle geag het.  Sy omarming van ‘n kind wys juis op sy doelbewuste identifikasie met kinders vanweë hulle broosheid en ontvanklikheid.

Wie dus as ‘n wegwyser vir ‘n kind optree, doen heilige werk – iets baie besonders met langtermyn dividende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.