ToekomsVenster: Ons Here is groot, almagtig en innoverend

God

Argieffoto.

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! – Lees Psalm 8:2

“O Heer my God as ek in eerbied wonder en al U werke elke dag aanskou”.

Ons Here is groot, almagtig en innoverend. Hy is die Bron van alle lewe, insig en kennis, wysheid en vermoë. Daar is Niemand soos Hy nie.

Ons is die produk van sy liefde wat uitdrukking vind in verbeeldingryke skeppingshandelinge. Man en vrou, die mens, beelddraer van die onsienlike en ewige God.

God vertrou die mens met die grootsheid van sy skepping. Hy word geroep om kultuur te skep, lewensruimte, potensiaal, moontlikhede, die wetenskap, filosofie, sielkunde, teologie, antropologie, ens.  te beoefen.

Ruimtelik te probeer verstaan hoe alles inmekaar skakel, stukkie vir stukkie die geheimenis van God se skeppingshandelinge te ontrafel en te verstaan. Dis ons opdrag, ons mandaat. God het geskep, die mens probeer verstaan hoe? Daarom is wetenskap en teologie nie vyande van mekaar nie. Die een vloei voort uit ons mandaat om die wêreld tot voordeel van sy bewoners te onderwerp en te bestuur.

Die Here het ons ʼn heerlike taak gegee. Dit maak ons verwondering van Hom net groter en groter.

Hoe meer ons uitvind hoe minder weet ons. Hoe groter blyk sy werke te wees. Wanneer die wetenskap selftevrede alles wil en kan verklaar bewys hy sy eie dwaasheid en blindheid.

Die ewigheid self is nie lank genoeg om God en sy wysheid te dissekteer nie.

As alles klaar gesê en gedoen is, het ons maar nog net begin…

  • Besoek die ToekomsVenster-inisiatief se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.