ToekomsVenster: Ons het rede om die Here te loof


blydskap

Argieffoto.

Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! – Psalm 67:6

Van die begin af was dit God se bedoeling. “Abraham, Ek gaan jou seën en jy moet ʼn seën wees. Tot aan die uithoeke van die aarde moet jy verkondig dat Ek lewe. Alle volke sal in jou geseën wees.”

“Al julle volke, klap julle hande, juig tot eer van God … Loof Hom met die tromme en loof Hom met die harp … alles wat asem het.”

Op die laaste dag sal mense van alle tale, kulture, volke en oortuigings voor Hom kom staan. Ons sal dalk verras wees oor wie daar byeen sal wees.

God seën jou, nie waar nie? Net ingeval jy twyfel, ek vermoed jy het iewers geslaap, geëet en iets gehad om aan te trek. Jy het desnoods lopende water in die huis, behoorlike riolering en elektrisiteit, ʼn motor en gemaklike meubels, vriende en familie, en boonop drome, ideale en geleenthede.

Jy (en ek) is baie ryker as verreweg die meeste mense op aarde. Tewens, ons is skatryk. Ons het rede om die Here te loof. God seën ons sodat ons ʼn seën kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.