ToekomsVenster: Ons het rede om te sing


sing-vir-god

Foto: Letjesushelpyou.com

Vir die koorleier. ‘n Lied. ‘n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde! Sing tot roem van Sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! – Psalms 66:1-2

Musiek is darem ʼn wonderlike gawe, boonop ʼn universele gawe. Daar is nie ʼn mens wat nie sing nie. Die stem is dalk nie waffers nie, die wysie nie heeltemal op die noot nie, ver agter die ritme, maar ons almal sing.

Soms bewustelik, soms net in ons gedagtes.

Daar is baie soorte liedere. Sommige is treurig en hartseer. Sommige bely en sê ekskuus. Ander weer, sing opgewonde en dankbaar. Ons word opgeroep om God te eer met ons sang. Om te sing en baie ander sinonieme word talryk in die Bybel gebruik (jubel, juig…).

Ons het rede om te sing. Jesus leef! Ons redding is verseker. Ons name is opgeskryf. Ons is verlos. Ons is op weg en op koers na ʼn ewige heerlikheid waar God alles en in almal sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.