ToekomsVenster: Ons is beelddraers van God


God

Argieffoto.

Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. – Psalm 96:9

Die versoeking is groot dat ʼn mens die radikale andersheid van God kan vergeet of selfs daaraan gewoond kan raak. Ek raak soms bekommerd oor die bykans familiêre wyse waarop daar oor God gepraat word. Die ou vertaling het dit mooi gesê – die vrees van die Here is die begin van alle wysheid. Ons is beelddraers van God, maar self nie God nie. Ons verlang na intimiteit met Hom en word daarna uitgenooi. Ons noem Hom Vader en geniet sy Vaderhart en sorg. Maar Hy bly God, die gans andere. Laat ons Hom altyd met die grootste respek en agting benader. Soos die ou mense altyd gesê het: God is nie jou speelmaat nie.

En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom. – Openbaring 4:8

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.