ToekomsVenster: Ons is oorwinnaars


Jesus-se-graf

Foto: Factsandfaith.com

Die soldate as verteenwoordigers van die Romeinse mag was behoorlik toegerus vir hul taak om oor die graf te waak. Daar was gerugte dat mense die liggaam van Jesus wou kom wegneem en dit mag nie gebeur nie. Op aanstigting van die geestelike leiers word die graf bewaak. Wanneer die engel van die Here egter verskyn, word die eksponente van mag en beheer soos klei. Hul bene gee mee en dit waarvoor hulle aangestel is, kan nie gebeur nie.

Teengoddelike magte is werksaam in die lewe en wil ons op die trajek van die lewe laat ontspoor. As ons egter leef vanuit die perspektief van die oop graf en die oorwinning wat daarin opgesluit is, hoef ons geen destruktiewe mag te vrees nie. Ons is meer as oorwinnaars deur Hom wat ons die krag gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.