ToekomsVenster: Ons kinders geteiken

gelukkige Kinders_stiltetyd.jpg

Foto: Pixabay

Dit is met hartseer dat ʼn mens verneem van verskeie kinders wat in die afgelope weke aan onnatuurlike oorsake oorlede is en dit terwyl hulle in die sorg van opvoeders was.

Kinders is ʼn erfdeel van die Here. Alle kinders is kosbaar. (Ps.127:3)

  • Dis van hulle wat Jesus gesê het laat die kinders na my toe kom want aan hulle behoort die koninkryk van God. (Luk.18)
  • Dit is van hulle wat Jesus gesê het as julle nie soos kinders word nie sal julle die ewigheid nie sien nie. (Matt.18)
  • Dit is ook van hulle van wie Jesus gesê het as iemand ʼn kindjie verlei en ʼn struikelblok is dit beter is om self in die see te verdrink.

Baie van ons kinders dra verbondseëls op die voorkop. Baie is deur inseëning aan God toevertrou. Ons moet ons kinders nie “vlak” kyk nie. Dit is ʼn grootse verantwoordelikheid en die Here kan ons vra wat ons gedoen het met die geleentheid wat Hy ons gebied het.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.