ToekomsVenster: Ons konteks, Suid-Afrika, vra geloof

Geloof

Foto: Productiveflourishing.com

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. – Hebreërs 11:1

Geloof transendeer alle beperkinge wat kontekste, omstandighede en realiteite daarstel. Dat die wêreld waarin ons woon, Suid-Afrika by name, uiters uitdagend geword het, is ʼn absolute waarheid. Die dinge wat gebeur, kan ʼn mens baie moedeloos maak. Om dag vir dag met neerdrukkende verhale van wanhoop gekonfronteer te word ondergrawe ʼn mens se motivering en vreugde.

God het uiteraard geweet dat sulke omstandighede op ons pad sou kom. Hy het in sy wonderbare wysheid benewens gebed ook geloof as onmisbare skakel gegee.

Sonder geloof kan God nie behaag word nie. Die regverdige sal uit die geloof lewe.

Abraham is die Vader van die geloof. Ons word gelowiges genoem.

Deur geloof het die helde van die Bybel berge versit, die onmoontlike vermag. Lees gerus die aangrypende verhale van die geloofshelde in die Bybel.

Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is. – Hebreërs 11:2

Hebreërs leer ons dat geloof die onmoontlike sien asof dit reeds gebeur het.

Niks betekenisvols gebeur sonder geloof nie.

Geloof is die sleutel, die anker, die skakel en die gawe.

Laat golwe van geloof deur jou spoel.

Dis nie die grootte of omvang van jou en my geloof wat tel nie. Dis die grootte en omvang van ons God en sy vermoë om die onmoontlike te doen.

Die enigste beperking is ons geloofsverbeelding. Hy is in staat om meer te doen as wat ons bid en dink.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.