ToekomsVenster: Ons konteks, Suid-Afrika, vra liefde

ballone-lug-harte-wolke

Foto: 3dman_eu/Pixabay.com

As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. – Johannes 15:10

Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie.

Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. – Romeine 13:10

Kan jy jou verbeel hoe anders die wêreld daaruit sou gesien het as alle mense hierdie beginsel sou leef?

Alles wat ander op watter wyse ook al benadeel, is verkeerd.

Die beginsel is duidelik, navolgenswaardig, haalbaar, nie onrealisties nie en lê op die weg van kinders van die Here.

God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees (Rom 5:5).

God is liefde en Hy woon en werk in ons (1 Joh 4:8).

Die Gees is die groot Liefdesagent.

Hy tower ons harte om tot gewillige navolgers van die lewende Christus.

Ons wapens is nie die wapens van die wêreld nie. Ons wapens is dié van die geloof en geloof vind uitdrukking in liefde.

Wie sê dat hy liefhet en sy broer haat, is ʼn leuenaar (1 Joh 2:10).

Ons leef met soveel agterdog en vooroordeel teenoor ons naaste. Soveel daarvan is op leuens en vrese gebou.

Niemand kan liefde weerstaan nie.

Die goeie in die lewe is op die beginsel van liefde gebou. Ons is God se liefdesoldate. Ons is in sy liefdestaakmag. Ons word gedring deur liefde.

Ons skuld mekaar niks behalwe die liefde nie.

Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê.
Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. – Romeine 13:8

Ai, wat is so moeilik dat ons nie hierdie lewensbeginsel kan integreer nie?

Toegegee, selfsug en eiebelang is die grootste vyand van die liefde. Maar Hy wat in ons woon en werk, is groter en sterker as enige wêreldse en bose mag (1 Joh 4:4).

Gaan wees liefde in die praktyk.

Draai jou rug op jouself en sien vir ʼn slag iemand anders raak. Die ander is ʼn vergestalting en verteenwoordiging van God self. Dien en bedien God in die ander met liefde.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Ware woorde. Ek leef met sakke vol agterdog teenoor die ANC, Zuma en sy ministers, die Gupta’s en n paar ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.