ToekomsVenster: Ons konteks, Suid-Afrika, vra verbeelding

sonsondergang-somer-meisie

Foto: Mcredifine/Pixabay.com

Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ʼn pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. – Jesaja 43:19

Verbeelding is ʼn wonderlike gawe. Dis soos om te dagdroom. Dit neem jou na plekke waar jy nog nie was nie, dit laat jou dinge doen wat onmoontlik lyk, dit transendeer beperkinge en skep nuwe moontlikhede.

Die probleem is dat ons verbeelding in ʼn negatiewe rigting met ons weghardloop. Ons verwag die ergste en beleef dit ook soms doodgewoon omdat ons dit reeds verbeel het.

Die skrywer sê wat ek gevrees het, het met my gebeur.

Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref. – Job 3:25

Waarvan is ons verbeelding vol?

Positiewe, proaktiewe, oplossinggedrewe inhoud om onheilspellende scenario’s gelowig aan te durf?

Gee jou verbeelding vrye teuels, maar in die regte rigting.

Vertrou die Here vir goeie uitkomste. Bedink die goeie. Sien nuwe moontlikhede.

Die kinders speel mos “ek sien met my kleine, kleine ogie”. Sien wat God sien, ʼn hoopvolle toekoms.

Jy ken mos die betekenisvolle teks in 2 Kronieke 27: “Ek weet wat ek vir julle beplan, sê die Here.”

Dink aan die duiselingwekkende moontlikhede wat Deuteronomium vir ons skep as ons gehoorsaam is aan die beginsels van God se Woord (Deut 4:1).

Verbeel jou vir ʼn slag.

Verbeel ʼn beter Suid-Afrika, ʼn plek van veiligheid, geborgenheid, genoeg vir almal om te eet, geleenthede wat op almal se weg lê, saamwerk, woon en leef sonder spanning. Verbeel jou die koninkryk.

Dis waar alles begin.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Vir bykans 6000 jaar het Hy ons alleen gelos want ons wil mos onsself regeer. Wat n fiasco!
Ja, ek sien met verwagting uit na Yeshua Hamashia se terugkeer, wanneer Hy sy koninkryk hier op aarde gaan vestig. Wanneer die ou manne weer op die stadsplein sal vergader sonder vrees. Wanneer die Wet vanuit Jerusalem sal uitgaan en volkere van vèr sal kom om daarin onderrig te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.