ToekomsVenster: Ons konteks, Suid-Afrika, vra waagmoed

waagmoed-avontuur-sukses

Foto: Sasint/Pixabay.com

Deur my boeie is die meeste broers ook in hulle vertroue op die Here gesterk, en hulle waag dit al hoe meer om die woord van God onbevrees te verkondig. – Filippense 1:14

Die lewe is nie vir sissies nie. (Oudword ook nie.)

Kinders van die Here lê waagmoed aan die dag. Hulle neem risiko’s in die geloof.

Daar is geen waarborge in die lewe behalwe die wete dat God met ons is nie. Immanuel, en dit is genoeg. Die res is aan Hom bekend. Ons loop in sy spore.

Vir Jesus was dit nie versigtig trap nie. Hy het uitdagend maar sonder arrogansie geleef.

Hy het siekte, ongeloof, maskers en voorgee, honger en selfs die dood vreesloos uitgedaag en aangespreek. Hy het nie gehuiwer nie.

Soos Hy geleef het, mag en moet ons leef. Uitdagend maar nie arrogant nie. Waagmoedig maar nie onverskillig nie. Met verwagting maar nie pretensieus nie.

Jesus se dissipels stel ʼn navolgenswaardige voorbeeld.

Die geloofshelde deur die eeue tree met waagmoed op.

Die mense wat ek en jy bewonder, leef nie “veilig” nie.

Ons moet ons gemaksones in die oë kyk en dit sien vir wat dit is: Gemaksones. Sones waaruit ons moet tree. Die lewe lê aan die ander kant van ons gemaksones, groei en vervulling ook. Opstaan, gaan werk, huis toe kom en slaap mag nodig wees, maar daar is meer in die lewe.

Die advertensie is gepas: “You can stay as you are for the rest of your life or you can change” – gryp na avontuur, vat kanse, probeer iets nuuts, veral met betrekking tot die Suid-Afrikaanse konteks.

Waag dit om iemand buite jou kring te ontmoet, te leer ken, selfs mee bevriend te raak.

Waag dit om plekke te besoek wat as gevaarlik beskou word vanweë blatante vooroordele.

Leer ʼn paar woorde in ʼn ander taal. Besoek ʼn ander gemeente en denominasie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Loretta ·

Prys die Here,maar is waar alles het Jesus met nederigheid gedoen. Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.