ToekomsVenster: Ons krag en inspirasie kom van Hom


Foto: www.stockvault.net

Foto: www.stockvault.net

En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

1 Tessalonisense 5:23

Hierdie teks verteenwoordig ʼn pragtige seënbede wat ons meer geredelik met mekaar kan deel. Paulus wens gelowiges ʼn vol en vervullende lewe toe in die wete dat ons volkome op God aangewese is. Ons krag en inspirasie kom van Hom alleen. Ons word opgeroep om geheel en al aan die Here toegewy te wees en dit met die oog op die wederkoms van ons Here. Uiteraard word so ʼn lewe van toewyding alleen moontlik gemaak in die mate waarin ons die Heilige Gees toelaat om ons te beheer en te lei.

Die Here het vir Moses gesê: Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!”

Numeri 6:22-26

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.