ToekomsVenster: Ons leef deur Hom

waterdamp-waterdruppels-swart-oppervlak

Foto: Christian Hebell/Unsplash.com

Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ‘n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd. – Jak. 4:13-16

God verdra nie arrogansie nie. Hy prys nederigheid aan. Dis ook die voorbeeld wat Hy gestel het.

Ons leef in ʼn tyd waarin mense streef na onafhanklikheid. Elkeen het ʼn opinie en wil gehoor en geakkommodeer word. Die “demand” kultuur waarvan ons deel geword het, is ʼn sprekende voorbeeld daarvan. Die sélf is groot, vernaam, egosentries, arrogant en hoogmoedig. Die sélf kyk neer op ander, vergelyk en wil altyd die beste vertoon. Die sélf besluit oor sy lewe. Hy laat hom nie meer voorsê nie.

Die erediens het ongewild geraak omdat die gehoor nie gestreel word nie. Die agenda word deur die lidmate bepaal. Hulle besluit wat hulle wil hoor. Die liturg moet binne daardie lyne beweeg om aanvaarbaar te wees en te word.

Dis egter ʼn oomblik van nugterheid wanneer ons lewens met ʼn damp vergelyk word. Damp het geen betekenisvolle lewe nie. Dis vlietend en gou verby. Jy kan nie daarop reken nie. Dat die mense se lewe met damp vergelyk word bring ʼn stukkie nugterheid in die gesprek. Jakobus help ons as hy ons aandag vestig op God as die Een wat in alles in beheer is.

Ons leef deur Hom.

Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” – Jakobus 4:6

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.