ToekomsVenster: Ons leef nie vir onsself nie


God-se-voertuig

Foto: Carsmoveus.com

Niemand van ons leef tog vir onsself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe, en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. – Romeine 14:5-8

Onthou dat ons God se voertuig in die wêreld is.  Daar is bepaalde verkeersreëls (algemene waardes) wat God gegee het vir ‘n veilige reis.  Dit is algemeen geldende reels vir alle padgebruikers soos byvoorbeeld respek vir lewe en eiendom.  Dan is daar ook reëls wat meer persoonlik van aard is (persoonlike waardes) soos byvoorbeeld stiptelikheid en netheid.

In terme van ons metafoor oor die reis waarin ons die voertuig van God is, moet ons op die uitkyk wees vir die ander voertuie wat die reëls van die pad ignoreer en die verkeersbeamptes wat letterlik en figuurlik omkoopgeld neem en die staatskas so besteel.

Ons moet leef tot eer van die Here. Ons is nie hier ter wille van onsself nie. Onthou ons is God se verteenwoordigers. Ons tree namens Hom op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.