ToekomsVenster: Ons lewe moet lekker ruik


Foto: Marianne Styan

Foto: Marianne Styan

“Julle mag nie ongeoorloofde wierook op die wierookaltaar brand nie, ook nie brandoffers of graanoffer nie, en nie ʼn drankoffer daarop uitgiet nie.”

Eksodus 30:9

Elke oggend wanneer Aäron die lampe versorg, moet hy geurige wierook op die altaar brand.

Eksodus 30:7

Ons word aangetrek deur aangename reuke. Die teenoorgestelde is egter ook waar. Christene moet ʼn aangename geur versprei. Dis uiteraard ʼn metafoor of simbool vir die aard en gehalte van ons dienswerk en optrede.

Die Here se werk word skade berokken wanneer mense na Christene se lewe kyk en bewus word van skaduplekke in laasgenoemde se lewe en optrede. God se eer word uiteraard skade berokken. Ons lewe moet lekker ruik, dit moet mense nader lok en aan Jesus voorstel. Sommige mense hou nie van die reuk nie en verwerp dit. Ander egter vind in daardie ervaring die antwoord op hul lewensvrae en versugtinge.

Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ʼn aangename geur.

2 Korintiërs 2:14

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.