ToekomsVenster: Ons moet eensgesind saamspan


saamstaan

“Hulle het eensgesind saamgespan en ʼn verbond teen U gesluit.”

Jesus se hoëpriesterlike gebed in Johannes 17 gryp my aan. Aan die vooraand van Sy brutale kruisiging vind ons Hom op Sy knieë. Hy bid vir die eenheid van Sy kerk. Dit is die saak op Sy hart. Hy bid nie om selfbehoud nie, maar die behoud van Sy kinders en hul omgee vir mekaar.

En tog sukkel ons daarmee. Vooroordeel en agterdog gevoed deur ʼn onbekendheid met mekaar, maak dit steeds moeilik om mekaar beter te leer ken en vertrou. Die magte van die duisternis sukkel nie met eenheid nie. Hulle is so ingevleg in die bose agenda om God se genadewerk te probeer onklaar maak, dat daar nie tyd en energie is vir onderlinge twis en verskille nie. Terwyl die ongeregtigheid dreig om die wêreld te destabiliseer, sukkel God se kinders om hande te vat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tertius ·

Ek dink die boodskappie elke dag is WONDERLIK. Ek kan nie wag om dit te lees. Ek wil amper se dat ek nie my dag kan begin sonder die inspirasie. GOD BLESS

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.