ToekomsVenster: ons skep

Stilte-10.png

all-free-download.com

Genesis 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep.

Ons wat geskep is, kan ook skep. Ons is die kroon van die skepping. Lees gerus weer Psalm 15.

Wat kan jy skep? Dalk kan jy teken, skilder, verf, klavier speel of gedigte skryf – hierdie skeppingsdrang is deel van wie ons is.

As jy nie een van hierdie kan doen nie, kan jy dalk skep met taal – jy kan stories vertel van goed wat in jou lewe gebeur het. Dit wat jy vertel is tog nie alles feite nie; daar is ook emosies by en goed waaroor jy dalk gewonder het. Ons skep nie net met kuns nie, ons skep ook met woorde. Ons skep geleenthede om te gesels. Ons skep met woorde lofsange aan God. Ons kan ook met woorde hoop skep. Mense kan emosies weergee – ons kan mekaar help om in nood hoop te skep.

Ons weektema is verhoudings. Ek en jy kan nuwe verhoudings skep. Ons kan wanneer ou vriende wegtrek, nuwe vriendskappe skep. Ons kan ruimte in ons vriendskappe skep waar mense gemaklik voel om te kan praat en hulle self kan wees. Hierdie vermoë of hierdie kreatiwiteit wat deel is van ons kan ons aanwend om mense te help om God die Skepper te ontmoet.

Die laaste sin oor skep is natuurlik om oor die skepping te praat. Hoe wonderbaarlik is die aarde, die natuur nie geskep nie. Sing weer Psalm 150 waar God se lof besing word, maar veral Psalm 8 waar dit oor die skepping gaan.

Gebed:

O Heilige Gees skep my tot eer van U, o Skepper Gees waai deur ons gemoed en skep nuwe lewe waar dood is, nuwe hoop waar hooploosheid is en nuwe liefde waar liefde geblus is. Amen.

Leefwyse:

Teken op papier iets van die skepping.

Iets om vandag oor na te dink:

Koop klei of inkleurpotlode, vat enigiets waarmee jy iets kan skep – ek weet jy kan baie verskonings uitdink dat jy nie kreatief kan of wil wees nie. Maar speel vandag saam en skep iets. Besluit vandag om die kreatiewe in jou te ontwikkel.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.