ToekomsVenster: Onthou die visie

son-deur-koring-deur-juanita-badenhorst

Foto: Juanita Badenhorst.

Jesus gee aan die kerk ’n visie wat so groot is, so omvangryk is, dat dit die moeite werd is om jou lewe voor te gee. Hierdie visie beskryf ’n wêreld sonder siekte, sonder nood, sonder sonde en gebrek en die uitnodiging daarvan sê: Almal welkom! Wat sou gebeur indien hierdie visie ook die visie van elke gemeente in ons stad of dorp sou wees?

Wanneer dit ons visie sou wees, sou ons elkeen gejuig het wanneer iets daarvan waar sou word deur die bediening van die gemeente aan die oorkant van die treinspoor.

Wanneer hierdie visie ons bestaansdoel word, sal dit ons ook bang maak, want die visie van die koninkryk is so groot dat ons eie pogings maar baie gering is in die bereiking daarvan. Die visie is egter nie ons visie nie; dit is God se visie en ons is bevoorreg om daarin te kan deel.

Ons visie is God se visie. God se droom is ons droom.

Wanneer ons die visie voor oë hou, sal ons ook ons daaglikse take in perspektief kan sien. Dan sal ons die hoop vir vandag kan skep.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.