ToekomsVenster: Ontvang die Heilige Gees!


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!”

Johannes 20:22

Daar is verskillende beelde (simbole) wat gebruik word om na die Heilige Gees te verwys. Wind, vuur en olie is van die bekendes. Jesus asem oor sy dissipels (Johannes se weergawe van die Pinkstergebeure) en stel hulle bekend aan die bediening van sy Gees. Metafories kan ons dit (omdat ons voortdurend aangewese is op en by herhaling vervul moet word met die Heilige Gees) met in- en uitasem vergelyk. Ons asem die krag, inspirasie en bekragtiging van die Heilige Gees in en asem sy krag en betrokkenheid uit deur ons dade van gehoorsaamheid en ons getuienis. Ons kan dit die ritme van die Heilige Gees noem. Maak seker dat die Heilige Gees in en deur jou werk. (Onthou, dis net ʼn beeld – die Heilige Gees is ʼn Persoon en woon in ons.)

Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.

Galasiërs 5:22

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

Moenie die stem van die Heilige Gees weerstaan nie.
Dit kan dalk stil word.
Wees gehoorsaam en dra vrug wat by bekeerde mense pas.
Liefde………..ook vir…
Nederigheid …….was ander se voete…..
Selfbeheersing……..selfs teenoor n taxi….
Geduld……..met jou gesin……….
Vreugde……….dankbaar , elke dag…
Vriendelikheid…….ook teenoor jou bure…
Vrede……verlossing in Jesus….
Goedhartig…….die honger bedelaar….
Getrouheid……ook teenoor jou huweliksmaat…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.