Lees Romeine: 8:1-2, 3d-4
Die Heilige Gees begelei jou om Christusgesentreerd en Bybelgeoriënteerd te leef. Ons het nou herhaaldelik gesien dat deel daarvan is dat jy Bybelse waarhede vir jouself mag en moet toe-eien. Paulus se beskrywing van die gelowige se geestelike identiteit in Romeine 8 hierbo, bied ’n ideale oefenveld. Lees hierdie gedeelte nog ’n keer deur. Ontvang nou hierdie Skrifgedeelte asof hy dit onder leiding van die Heilige Gees vir jou geskryf het. Skryf die waarhede in jou eie woorde neer. Spreek elke waarheid oor jou lewe uit. Dit is wie God se Woord sê jy is. Word hierdie waarhede.
Hier volg my weergawe:
- Christus was die offer vir my sonde.
- Hy het met die mag van die sonde oor my lewe afgereken.
- In Christus is die oordeel oor my lewe nou heeltemal
weggeneem. - Die lewegewende Gees het die greep van die sonde oor
my lewe gebreek. - Ek leef nie meer volgens my sondige natuur nie.
- Ek lewe nou deur die Gees.
Wanneer jy hierdie Skrifgedeelte toelaat om jou identiteit te omvorm, verloor sonde sy mag oor jou!
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.
Ware Bybelgelowige Christene weet ook dat apartheid in God se Wet ingebou is en dat die beginsels van links-liberalisme boos en onbybels is en dat die gevolge daarvan (nl gelykheid, broederskap en rasvermenging) sonde is.
Stem swam met jou…en one most onthou dat die tien gebooie nog vir ons geld. Ons moet onthou dat SY wette gehoorsaam moet word.