ToekomsVenster: Ontwikkel jou geestelike ID


die-Here-se-krag

Foto: Reint Dykema.

Lees Romeine: 8:1-2, 3d-4

Die Heilige Gees begelei jou om Christusgesentreerd en Bybelgeoriënteerd te leef. Ons het nou herhaaldelik gesien dat deel daarvan is dat jy Bybelse waarhede vir jouself mag en moet toe-eien. Paulus se beskrywing van die gelowige se geestelike identiteit in Romeine 8 hierbo, bied ’n ideale oefenveld. Lees hierdie gedeelte nog ’n keer deur. Ontvang nou hierdie Skrifgedeelte asof hy dit onder leiding van die Heilige Gees vir jou geskryf het. Skryf die waarhede in jou eie woorde neer. Spreek elke waarheid oor jou lewe uit. Dit is wie God se Woord sê jy is. Word hierdie waarhede.

Hier volg my weergawe:

    • Christus was die offer vir my sonde.
    • Hy het met die mag van die sonde oor my lewe afgereken.
    • In Christus is die oordeel oor my lewe nou heeltemal
      weggeneem.
    • Die lewegewende Gees het die greep van die sonde oor
      my lewe gebreek.
    • Ek leef nie meer volgens my sondige natuur nie.
    •  Ek lewe nou deur die Gees.

Wanneer jy hierdie Skrifgedeelte toelaat om jou identiteit te omvorm, verloor sonde sy mag oor jou!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leraar ·

Ware Bybelgelowige Christene weet ook dat apartheid in God se Wet ingebou is en dat die beginsels van links-liberalisme boos en onbybels is en dat die gevolge daarvan (nl gelykheid, broederskap en rasvermenging) sonde is.

Plaasjapie ·

Stem swam met jou…en one most onthou dat die tien gebooie nog vir ons geld. Ons moet onthou dat SY wette gehoorsaam moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.