ToekomsVenster: Onverdeelde lojaliteit aan Jesus Christus alleen


Vergifnis

Argieffoto.

Julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word. Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. Ek het gekom om tweedrag te bring “ ‘tussen ‘n man en sy vader en tussen ‘n dogter en haar moeder, tussen ‘n skoondogter en haar skoonmoeder; ja, ‘n man se huismense sal sy vyande wees.’ – Matt 10:22,35,36

Ek het gister verwys na die konflik onder die lesers van Johannes omdat hulle aan die waarheid oor Jesus Christus vasgehou het. Daar was verdeeldheid omdat mense wat eers deel van hulle gemeente was, weggebreek het en nou iets anders geglo het (1 Joh 2:19).

As Johannes in ons tyd geleef het, sou daar waarskynlik ’n kommissie van ondersoek teen hom gewees het. Die klagstaat sou wees: Hy veroorsaak verdeeldheid! Die styl van sy bediening is nie akkommoderend genoeg nie! Hy verjaag mense uit die kerk met sy radikale en onversetlike houding!

Staan vir ’n oomblik in Johannes se skoene. Hy het aan Jesus geraak. Hy het hom met sy eie oë gesien. Hy het na Hom geluister (1 Joh 1:1). Hy het Jesus sien sterf. Hy het die lewende Christus gesien (Joh 21). Sy lewe is radikaal deur Jesus verander. Hy wéét: dit is die Woord van die lewe! (1 Joh 1:1). Hy sou tot die dood toe aan die Seun van God lojaal bly, al veroorsaak dit konflik.

Hy het Jesus ook hoor sê dat konflik die natuurlike gevolg is vir mense wat Jesus volg. Wanneer jy en ek aan Hom getrou bly en vir Hom kies, sal daar soms verdeeldheid en skeiding in die intiemste verhoudings kom. Pa’s, ma’s, kinders, skoonkinders en skoonouers sal hulle rug op mekaar draai (Matt 10:35,36). Mense sal voor die hof gedaag word omdat hulle aan Jesus getrou bly. Broers sal nie oor die weg kom nie (Matt 10:21).

Konflik tussen die kerk en die wêreld is nie nuut nie. Dis nie onnatuurlik nie. Dis nie iets wat deur kommissies ondersoek moet word nie. Dis nie iets wat noodwendig met die styl van die verkondiger te doen het nie. Die enigste toets waaraan dit onderwerp moet word is dit: gaan dit oor Jesus? Die konflik waarvan Jesus praat word geïdentifiseer: ‘ter wille van My’ (Matt 10:22,39)

Daar is egter een groot troos: “Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is (Matt 10:32). Daar is ook ’n negatiewe kant: “Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is” (Matt 10:33).

Uiteindelik gaan dit oor die een sentrale vraag: het jy Jesus bo alles lief? (Matt 10:37)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

G van Niekerk ·

“When we blindly adopt a religion, a political system, a literary dogma, we become automatons.”

~ Anaïs Nin.

En in tussentyd het ons die bestaan van gravitasie golwe bevestig…die implikasies reusagtig natuurlik…vir die wat dit kan besef……

Realis ·

“Blind obedience to authority is the greatest enemy of the truth” volgens Einstein en hy het verstaan.
zupta het ook onverdeelde lojaliteit. Moet nog vasstel aan watter indiaan.(lees indiese “compatriot”
Christus werk vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.