ToekomsVenster: Onweerstaanbare liefde


liefde

Argieffoto.

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. – Johannes 3:16

Bogenoemde teks is ʼn wonderlike en bekende geloofswaarheid. Kersfees is die geleentheid waar ons hierdie waarheid met nuwe oortuiging en in gehoorsaamheid met mense gaan deel.

Ons let veral op die eerste groot moment, die onweerstaanbare en onverstaanbare liefde van God. Onverstaanbaar omdat God op eie inisiatief besluit het om mense te maak en buitegewoon lief te hê, wetende dat hulle Hom gaan teleurstel en weerstaan. Ons noem dit genade en onverdiend. Hy het die afstand tussen hemel en aarde oorbrug in die broosheid van ʼn baba in ʼn krip.

Daarmee saam is God se liefde onweerstaanbaar. Hoe hard en verhard moet die hart wees wat die liefde van God in Christus Jesus durf weerstaan. Mense (harte) verkrummel in sy teenwoordigheid; alle weerstand behoort soos mis voor die son te verdwyn. Betoon besondere dankbaarheid hierdie Kerstyd vir die onverstaanbare en onweerstaanbare liefde van God.

Niemand het groter liefde as dit nie: dat Hy sy lewe vir sy vriende aflê. – Johannes 15:13

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.