ToekomsVenster: Oomblikke van beslissing


tyd-horlosie

Foto: Dailygenius.com

Die woord kairos is ‘n antieke Griekse woord wat die regte of geleë oomblik beteken.  Die ander woord wat die Grieke vir tyd gebruik het, was chronos –  kronologiese tyd (horlosietyd).  Kairos is dus ‘n oomblik in tyd.  ‘n Mens kan sê dit is die oomblik van waarheid. Die Nuwe Testamentiese Griekse betekenis is: die aangewese tyd binne God se Raadsplan (sien Markus 1:15).

Daar is defnitiewe kairos-oomblikke in ons lewens – beslissingstye wat ons nie kan uitstel of vermy nie.  Een so lewensoomblik is die besluit wat jy moet neem met betrekking tot God se genade-aanbod

Ons is geroep om aktief deel te neem aan die lewe en sy besluite. Wanneer jy toelaat dat die lewe net met jou gebeur, word die noodlot jou meester en is jy die slagoffer van ander mense se besluite. Dit op sigself, is ‘n keuse wat jy maak – ‘n keuse om nie te kies nie.  So gee jy jou vryheid prys en versaak jy die heerlike andersheid waartoe God mense geroep het en waarvoor Christus die losprys betaal het.

Neem verantwoordelikheid en wees deel van die avontuurlike reis vol verassings en nuwe ontdekkings.  En onthou, God ís teenwoordig!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.