ToekomsVenster: Oopgebreek en uitgegiet

grasveld-pexels

Foto: Unsplash/Pexels.com

“… Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam; dit is vir julle; gebruik dit tot my nagedagtenis.” – 1 Korinthiërs 11:23-24

Dink hieraan

Ons is tog Jesus se liggaam – hoekom sal ons dink dat om gebreek te word, nie deel van die taak is nie? Net om weer terug te keer na die tafel; met ons stukkende lywe en wonde daar te sit en weer Jesus se liggaam en bloed te deel, weer te sing, weer stories te vertel.

Doen dit

Waar kan jy jouself offer vandag? Waar kan jy jouself oopbreek en uitgiet?

Gebed

Jesus, help my om vandag ook te sien waar U liggaam nodig is; waar U bloed moet vloei. Help my om myself oop te breek sodat mense U liggaam kan beleef. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.