ToekomsVenster: Oor een ding hoef ’n mens nie te twyfel

kosmos-en-windpomp-in-oos-vrystaat-deur-jb

Foto: Juanita Badenhorst.

1 Timoteus 3:16 – En dit staan bo alle teenspraak dat die geopenbaarde waarheid van ons godsdiens groot is: As mens het Jesus in die wêreld gekom, deur die Gees is bevestig dat die reg aan sy kant is, aan die engele het Hy verskyn; aan die heidennasies is Hy verkondig, in die hele wêreld is Hy geglo, en in heerlikheid is Hy opgeneem.

Wat glo jy aangaande Jesus van Nasaret? Die geloofsbelydenis van Nicea is aan ons bekend. Ons sê dit Sondae wanneer ons by die erediens is op. Hier is ʼn ander belydenis aangaande Jesus, nie teenoor nie, maar komplimenterend en aanvullend. Daar is betekenisvolle elemente in hierdie belydenis. Let saam met my op en ondersoek jouself of jy dit inderdaad glo, nie alleen glo nie, maar hoe dit jou lewe beïnvloed.

Jesus kom in die volheid van die tyd in die gestalte van ʼn mens, woon en werk onder ons en spreek die Vader se woorde met ons. Die Gees bevestig tydens sy doop en later tydens sy verheerliking op die berg dat Hy die Seun van die lewende God is.

Aan die engele het hy verskyn is ʼn interessante opmerking. Die Engelse vertaling sê “seen of angels”. Dit kan na Jesus se verskyning tydens sy graf ervaring aan die gevalle engele verwys of ʼn verwysing wees na die hemelse engele skaar wat sy terugkoms in die hemel afwag.

Die woord “misterie” (die verborgenheid van die godsaligheid, OV) aan die begin van hierdie verse wat terloops waarskynlik ʼn uittreksel uit ʼn bekende lied was, som die geestelike aard van Jesus se versoeningswerk mooi en gepas op.

Die Boodskap vertaling lui: Oor een ding hoef ’n mens nie te twyfel nie, naamlik dat ons godsdiens nie iets is wat ons kon uitgedink het nie.

Hy is deur die apostels tot aan die uithoeke van die destyds bekende wêreld, sover as Rome bekendgestel. Oral het mense in geloof reageer op die verlossende genade van God in sy Seun Jesus Christus en het die kerk vorm aangeneem. Uiteindelik nadat Hy die groot prys vir ons verlossing betaal het, word Hy in die hemel opgeneem waar Hy aan die regterhand van die Vader plek ingeneem het. Daar pleit Hy vir ons en verteenwoordig Hy die mensheid by sy Vader.

Jesus groot bo almal

Streke Verlosser

Magtige Heer en Heiland

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.