ToekomsVenster: Oorgawe aan God


Geloof

Argieffoto.

Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U. – Psalm 56:4

Om bang te wees, is ʼn menslike verskynsel. Ons was almal al bang. ʼn Mens word normaalweg bang vir die onbekende. Niemand hou van verrassings wat kan skade aanrig nie.

Die lewe het genoeg waaroor ʼn mens bang kan wees. Dis interessant dat die Bybel keer op keer, van die Ou Testament tot aan die einde van die Nuwe Testament, mense verseker dat hulle veilig en geborge by God is. Daar is niks te vrees solank ʼn mens in afhanklikheid van die Here leef nie.

ʼn Mens is kwalik so weerloos as wanneer jy gaan slaap. Selfs al is jou huis beveilig teen moontlike inbrake met die beste bystandsmaatskappy tot jou beskikking, weet jy tog nie wat die nag gaan bring nie. Benewens inbrake en al die ander aaklige goed wat ander mense jou kan aandoen is daar ook siekte wat onverhoeds kan toeslaan. Of ʼn telefoonoproep van ʼn geliefde wat in ʼn ongeluk betrokke was. Te veel om op te noem.

Tog gaan slaap jy terwyl jy letterlik volle beheer oorgee aan God (Psalm 121). Jy kan jouself tog nie oppas terwyl jy slaap nie.

Ek dink die Here wil hê dat ons ons weerloosheid sal begryp en Hom onvoorwaardelik sal vertrou. ʼn Mens moet uiteraard alles doen wat jy kan om ʼn veilige ruimte te skep. Maar meer as dit kan ʼn mens nie doen nie. Al wat jy kan doen is om jou oor te gee en ten volle te vertrou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Muis ·

Dankie Vader dat U ons veilig in U hande toevou en dat ons kan glo en vertou want U is vir ewig in beheer van ons weerlose lewens by U kan ons n hawe van veiligheid voel, dankie dat ons as sondaars aan U voete mag sit en mag weet dat U vir ons, en ons sondes betaal het! AMEN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.