ToekomsVenster: Oortuigings wat bemagtig


vyeboom

Foto: Reint Dykema.

Hulle het aan Moses gerapporteer en gesê: “Ons het in die land gekom waarheen u ons gestuur het. Dit loop oor van melk en heuning, en hier is van sy vrugte.  Maar die mense wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot. Ons het ook die nasate van Enak daar gesien. Die Amalekiete woon in die Suidland, die Hetiete, Jebusiete en Amoriete in die Bergwêreld, en die Kanaäniete by die see en langs die Jordaan.” Kaleb het egter die manne wat met Moses praat, stilgemaak en gesê: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen.” Maar die manne wat saam met hom gegaan het, het gesê: “Nee, ons kan nie teen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons.” – Lees Numeri 13:27-31

Ons sien die moontlikhede en geleenthede, maar deins daarvan weg omdat ons vrees groter is as ons hoop. Ons vrees vir moontlike teenstand is groter as ons geloof in die ontsagwekkende liefde en ondersteuning van ons Vader.

Ons het nodig om ons innerlike kan nie taal te verander deur taal wat ons bemagtig.  Kyk mooi na Kaleb se bemagtigende oortuiging in vers 30: Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen.  Dit staan lynreg teen die ander lede van sy geselskap wat gesê het: Nee, ons kan nie teen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons (vers 31).

Goeie vrae om in hierdie opsig te vra sou wees:

  • Wie het bepaal dat hulle sterker is en wanneer?
  • Wie het besluit ons kan nie optrek nie?
  • Wie is ons en wat het ons wat hulle nie het nie?

Ons moet ons eie vrees en beperkende oortuigings bevraagteken.  Dit is meesal gebou op valse aannames.

Met watter perspektief leef jy? Wat staan vandag voorop in jou gedagtes? Die struikelblokke, teenstand en uitdagings wat vir jou voorlê, of die magtige teenwoordigheid van God self? Waarop fokus jy? Op die probleme wat jy moet hanteer of die roeping wat God vir jou het? Onthou, Hy gaan jou altyd voor. Jy moet maar net in gehoorsaamheid volg, al moet jy tussen “reuse” inbeweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.