ToekomsVenster: Op ʼn wonderbaarlike wyse geskep


ATTACHMENT DETAILS wolk_goue_rand_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek wil U loof, want U het my op ʼn wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. – Psalm 139: 14-16

Ons het hier met God te doen wat ons in alle opsigte omsluit. Daar is nie ʼn duimbreedte van ons bestaan wat nie vir Hom deursigtig is nie.

Die feit dat God ons op so ʼn wonderbaarlike wyse geskep het, is natuurlik eweneens waar van alle ander mense. Ons moet nie net waardering hê vir ons eie unieke menswees nie, vir ons nie-herhaalbaarheid, ons eiesoortigheid, ons eenmaligheid nie – ons moet dit ook vir ander mense hê. As God dan soveel moeite gedoen het om seker te maak dat in die geskiedenis van die ganse mensdom daar nooit ooit weer iemand soos jy sal wees nie, moet

Hy ʼn baie besondere rede daarvoor hê. Hy wil dat ʼn mens sy en haar uniekheid ontdek, waardeer, vier, erken, leef en beleef. Hy wil ook hê dat ʼn mens die kritiese vraag sal vra wat God se bedoeling tog kon wees met hierdie meesterstuk wat mens genoem word. Voordat ʼn mens nie op daardie pad begin vorder het nie is ʼn groot deel van die lewe ʼn misterie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansa ·

Dit is so wonderlik om net te kan weet God omsluit my en dat Hy my al ken nog voordat ek gebore was Ek loof en prys Die God vir my lewe Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.