ToekomsVenster: Ouderdom is relatief


vertroosting

Argieffoto.

Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. – Psalm 92:13-15

Ouderdom is relatief en kan ʼn vreesaanjaende spook wees in die gedagtes van mense wat dié besondere lewensfase betree. Ek moedig elke persoon wat binne hierdie leeftydsfase val, uit om vars en nuut te dink oor hul menswees.

Elke dag is ʼn geleentheid en ouderdom is geen diskwalifikasie om op ʼn baie sinvolle wyse uitdrukking te gee aan jou lewenslange roeping nie. God hef nie ʼn mens se roeping op omdat jou liggaamskrag afneem, jy minder beweeglik is of watter rede ook al aangevoer kan word nie.

Daarbenewens is daar tientalle rolspelers in die Suid Afrikaanse konteks wat fenomenale werk doen, hul ouderdom ten spyt. Ek sê dikwels vir ons senior burgers, dis nie “retire” nie maar “refire”.

Senior mense het ʼn leeftyd se ervaring agter die rug. Spreekwoordelik moet die opkomende generasie nog leer wat ouma en oupa vergeet het. Moenie jou kinders en kleinkinders, ook die buurt en gemeente se kinders die voordeel van jou lewenservaring ontsê nie.

Kry jouself bymekaar, God wil kan en sal jou gebruik as jy daartoe bereid is.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.